Welkom by Die Suiwer Leer

 

Die bevele van JaHWeH is reg: hulle verbly die hart;
die gebod van JaHWeH is suiwer: dit verlig die oë.
U, o JaHWeH, is naby, en al U gebooie is waarheid.
Daarom het ek U gebooie lief, meer as goud, ja as baie fyn goud.
En ek wil my verlustig in U gebooie wat ek liefhet,
en my hande ophef na U gebooie wat ek liefhet en U insettinge oordink.
My tong sal U woord besing, want al U gebooie is geregtigheid.
Welgeluksalig is elkeen wat JaHWeH
vrees, wat in Sy weë wandel!
(Ps. 19:9; 119:47, 48, 151, 172; 128:1)

 

 

 

 

Ons Glo en Bely

 

 

 

 

Voel welkom om rond te blaai, bestudeer die feite, Bybelwoordelys en artikels wat elke kind van God raak, loer in by die skakels, teken gerus in op die dagstukkies en teken asseblief my besoekersboek.

 

 

 

Die Suiwer Leer is 'n Afrikaanse Messiaanse webwerf met die missie om die suiwer Woord van God in die kuberruimte uit te dra. Die Suiwer Leer bely die Heilige Skrif soos God dit vir ons bekend maak en soos dit bely word in "Ons Glo en Bely".

 

Die hoofdoel van hierdie webwerf is om by te dra tot die bekering van die persoon, gesin en Jahshua se gemeente deur die onderrig in, en verdediging van die Skrifgetroue-Messiaanse lewensbeskouing op elke terrein van lewe en denke. Hierdie webwerf is onafhanklik van enige denominasie en dra die suiwer leer van die Woord uit.

 

Ek beywer my deur Die Suiwer Leer daartoe om die Heilige Naam van ons Elohim, JaHWeH, en van Jahshua Messiah die Seun te herstel. Verder ook om JaHWeH se voorskrifte, maar veral die voorskrifte wat God vir die eerste Messiaanse-gemeentes gegee het, te verkondig. Dan beywer ek my ook daarvoor om alle dwaalleringe en vervalsings van die Christelike godsdiens te bestry en om dit onder Christene se aandag te bring, sodat ons weer kan terugkeer na God se Woord en Hom dan te dien en te aanbid soos wat Hy voorskryf. God het ons al die middele gegee waarmee ons Hom moet dien en skryf duidelik voor hoe ons Hom moet dien. God wil op geen ander manier gedien word nie. Ek verwerp alle mensgemaakte godsdiens of eiewillige godsdiens.

 

“Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Mat. 4:4).

 

 

 

 

 

 

Teken Besoekersboek

 

Besigtig Besoekersboek

 

 

 

 

Ou Besoekersboek

 

 

 

 

 

 

 

 

Kontak my

 

 

 


Aflaai Online Bybel Beginpakket gratis
Aflaai Online Bybel Beginpakket gratis
(10,32 MB)






Kopiereg © 2005-2010 Die Suiwer Leer - Alle regte word voorbehou