Ons glo en bely vyf beginsels
van die Reformasie
Hier aanbid, dien, loof en prys ons JaHWeH, die enigste ware Elohim (God) van Israel en die Allerhoogste
hemelse Vader as ook die Seun, Jahshua ons Messiah. HalleluJah!
1. Alleenlik deur Jahshua Messiah kom
daar redding.
Jahshua is die enigste ware Seun van die Vader. Jesus is nie die seun van die Vader nie. Jahshua alleen is ons Verlosser
en Middelaar en geen ander persoon nie. Hy alleen is die Hoof van Sy
gemeente. Niemand anders nie! Hierdie genade wat JaHWeH aan Sy verbondsvolk, Sy kinders en erfgename,
deur alle eeue betoon het, was nog altyd volledig gebaseer op die volmaakte
middelaarswerk van die Seun, Jahshua HaMessiah, en daarop alleen.
·
“Maar nou het Hy ‘n
voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n
beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. (7)
Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n
tweede gesoek word nie. (8) Want Hy berispe hulle en sê: Kyk,
daar kom dae, spreek JaHWeH, dat Ek met die huis van Israel en die huis
van Juda ‘n nuwe
verbond tot stand sal bring,
(9) nie volgens die
verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan
die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het
nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek
JaHWeH. (10) Want dit is die verbond wat Ek ná dié
dae sal sluit met die huis van Israel, spreek JaHWeH: Ek sal my wette in
hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle
‘n Elohim wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. (11)
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy
broer leer en sê: Ken JaHWeH nie; want almal sal My ken, klein
en groot onder hulle. (12) Want Ek sal barmhartig wees oor hulle
ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink
nie. (13) As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die
eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning”
(Heb 8:6-13).
·
"Hy wat ons verlos het uit die mag van die
duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in
wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
Hy is die Beeld van die onsienlike Elohim, die Eersgeborene van die hele skepping;
want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat
sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte -- alle
dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom
hou alle dinge stand. En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die
gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in
alles die eerste kan wees." (Kol 1:13-18)
·
“Jahshua
antwoord hom: Ek is die Weg en die waarheid en die lewe; -niemand kom
na die Vader behalwe
deur My nie” (Joh14:6).
·
“En die saligheid is in niemand anders nie, want
daar is ook geen ander Naam onder die hemel
wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie”
(Hand 4:12). Jahshua is die enigste Naam
waardeur ons gered
·
“Hy wat in Hom
glo, word nie veroordeel nie; maar
hy wat nie glo nie, is alreeds
veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam (Jahshua) van die eniggebore Seun van Elohim nie” (Joh. 3:18).
·
“Ek het gekom in die Naam van my Vader en julle neem My (Jahshua) nie aan nie. As 'n ander
een in sy eie naam (Jesus) kom, hóm sal
julle aanneem” (Joh. 5:43). Die een wat kom in sy eie naam, “Jesus”, hóm sal julle aanneem, maar die Seun van Elohim, wat in die Naam van die Vader kom, nl. Jahshua, sal nie deur almal aangeneem word nie! JaHWeH en
Jahshua is die Name wat die meeste verloën en gehaat word.
·
“En dit is sy gebod, dat ons
in die Naam van sy Seun, Jahshua Messiah, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons 'n gebod gegee het” (1Joh.
3:23).
· “En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het. (15) Elkeen wat bely dat Jahshua die Seun van Elohim is—Elohim bly in hom, en hy in Elohim. (16) En ons het die liefde wat Elohim tot ons het, leer ken en geglo. Elohim is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in Elohim, en Elohim in hom” (1 Joh. 4:14-16).
· “Elkeen wat glo dat Jahshua die Messiah is, is uit Elohim gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is. (2) Hieraan weet ons dat ons die kinders van Elohim liefhet: wanneer ons Elohim liefhet en sy gebooie bewaar. (3) Want dit is die liefde tot Elohim, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. (4) Want alles wat uit Elohim gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. (5) Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jahshua die Seun van Elohim is? ” (1Joh. 5:1-5).
·
“Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam
(Jahshua) van die Seun van Elohim,
sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van Elohim”
(1Joh. 5:13).
·
“Ek ken jou werke. Kyk, Ek
het voor jou 'n geopende deur gegee, en
niemand
·
“Daarom het Elohim Hom ook
uitermate verhoog en Hom ‘n Naam (Jahshua) gegee wat bo elke naam is, (10)
sodat in die Naam
van Jahshua sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat
op die aarde en die wat onder die aarde is,
(11) en elke tong sou
bely dat Jahshua Messiah die Meester is tot heerlikheid van Elohim die
Vader” (Filip 2:9-11).
·
(Sien ook Joh. 6:40, 47; 11:25; 12:44-46)
2. Sola Scriptura – Alleenlik die Skrif
Die Woord van JaHWeH – die
Heilige Skrif - is alleen die enigste gesag in alle aspekte van ons geloof en
lewe.
Ons glo en bely dat:
·
die hele Bybel die onfeilbare
Woord van JaHWeH is;
·
die
Bybel onder leiding van die Heilige Gees deur mense geskryf is en dat
die Heilige Gees Elohim se kinders lei om die Bybel in hulle tyd nuut
te verstaan;
·
Elohim vandag nog deur die Bybel met ons praat;
·
ons deur die Skrif leer wie die Almagtige Elohim is en hoe ons
Hom moet dien;
·
die Bybel die blye boodskap is van Elohim se liefde vir sy
kinders; en
·
die Skrif ook leer van Elohim se veroordeling van die kwaad.
Ons glo dat hierdie Heilige
Skrif die wil van Elohim volkome bevat en dat alles wat die mens vir
sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die
hele wyse waarop Elohim deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe
word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, iets anders leer as
wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie – “Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie
verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!”
(Gal 1:8). En aangesien dit verbode
is om iets by die Woord van Elohim by te voeg of daarvan weg te laat
(Deut. 4:2; 12:32; Op. 22:18,19; Spr. 22:20; 30:5,6; Hand. 20:27; 2 Tim. 3
:16, 17), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in
alle opsigte volkome is. Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig
die mense ook al was, met die Woord van Elohim gelykstel nie; ook mag ons
nie die gewoonte, tradisie of die groot getalle of oudheid
of opvolging van tye of van persone of kerkvergaderings (Sinodes),
menslike verordeninge of besluite met dié waarheid van Elohim gelykstel nie,
want die Waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself
leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps 62:10 [Ou Vert. Vers 10]). Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie
onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê:
"...maar stel die geeste op die proef of hulle uit Elohim is"
(1Joh 4:1) en: "As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring
nie, ontvang hom nie in die huis nie..." (2 Joh. 1:10). Ons mag
Elohim dus op geen ander manier dien, aanbid en eer as wat Hy in Sy Woord beveel
nie.
Soos die Skrif sê:
·
“Open my oë, dat ek
·
“U Woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig
vir my pad” (Psalm
119:105).
·
“Die gras verdor, die blom verwelk; maar die
Woord van onse Elohim hou stand in ewigheid”
(Jes. 40:8).
· “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Messiah Jahshua. Die hele Skrif is deur Elohim ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die Adamiet van Elohim volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim. 3:14-17).
·
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand
my Woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien
nie” (Joh. 8:51)
·
“Jahshua antwoord en sê vir hom: As iemand My
liefhet, sal hy my Woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning
maak“ (Joh. 14:23).
·
“Maar elkeen wat Sy Woord bewaar, in hom het die
liefde van Elohim waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is” (1 Joh. 2:5).
·
(Sien ook Heb. 4:12-13; 1 Pet. 1:23; Ps.
33:4-9; Mat. 24:35; 2 Petr 1:16-21)
3.
Sola Fidei – Deur geloof alleen.
Regverdiging alleen deur die geloof. Geloof alleen is die middel van ons
persoonlike verlossing. Geloof is nie ’n menslike prestasie
nie; dis ’n gawe van Elohim (Ef. 2:8).
Elohim sê
in die Skrif:
· "Net soos Abraham in Elohim geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Julle verstaan dan dat dié wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. En die Skrif wat vooruit gesien het dat Elohim die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham. Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. En dat niemand deur die wet by Elohim geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe" (Gal. 3:6-11).
· "Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet." (Rom. 3:28).
(Sien ook Matt.
9:22; Mark. 5:34; 10:52; Luk. 7:50; 8:48; 17:19; 18:42; Joh 14:1-6; Hebr. 11:1-12:2)
4.
Sola Gratia – Ons word alleenlik deur JaHWeH se genade gered.
Genade alleen is die bron van ons
redding en verlossing en nie goeie
werke of verdienste nie. JaHWeH het Sy kinders voor die skepping reeds uitverkies deur Sy groot genade.
Soos die Skrif sê:
·
"Geseënd is die Elohim en Vader van ons Meester Jahshua
Messiah wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in
Messiah, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die
wêreld om heilig en
sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons
as Sy kinders vir Homself aan te neem deur Jahshua Messiah, na die
welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van Sy genade
waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. In Hom het ons
die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom
van Sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid
en verstand" (Ef. 1:3-8).
·
“En nou, Israel, wat
eis JaHWeH jou Elohim van jou as net om JaHWeH jou Elohim te vrees, in al
Sy weë te wandel en Hom lief te hê en JaHWeH jou Elohim te dien met jou hele hart
en met jou hele siel, om te hou die gebooie van JaHWeH en Sy insettinge wat ek
jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? Kyk, aan JaHWeH jou
Elohim behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.
Maar nét aan jou vaders het JaHWeH ‘n welgevalle gehad om hulle
lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is”
(Deut 10:12-15).
·
“Petrus, ‘n apostel van Jahshua
Messiah, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië,
Kappadocië, Asië en Bithínië, (2) uitverkore volgens die voorkennis van Elohim
die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling
met die bloed van Jahshua Messiah: Mag genade en vrede vir julle
vermenigvuldig word! (3) Geseënd is die
Elohim en Vader van onse Meester Jahshua Messiah wat na Sy grote barmhartigheid
ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jahshua
Messiah uit die dode, (4) sodat ons ‘n
onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die
hemele bewaar is vir ons (5) wat in die
krag van Elohim bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te
word in die laaste tyd” (1Pet 1:1-5).
·
“Maar julle is ‘n uitverkore geslag (genelyn),
‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom
verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep
het tot Sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van Elohim is;
aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is” (1Pet.
2:9-10).
·
"En hulle word deur sy genade
sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Messiah Jahshua
is" (Rom. 3:24).
·
"En as dit deur genade is, dan is
dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer
nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die
werk geen werk meer nie" (Rom. 11:6).
· "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van Elohim" (Ef. 2:8).
(sien ook
Rom. 3:24, 4:16, 6:23, 11:6)
5.
Soli Deo Gloria - Aan Elohim alleen al die eer!
Ons moet
altyd ten eerste Elohim se eer soek. Alles wat ons doen moet tot eer van JaHWeH wees.
Die Skrif sê:
·
"Of julle dan eet of drink of enigiets
doen, doen alles tot verheerliking van Elohim" (1 Kor. 10:31).
·
“Eer aan Elohim in die
hoogste hemele en vrede op aarde, in die Adamiete in wie Hy ‘n welbehae
het!” (Luk 2:14).
·
"As iemand spreek, laat dit wees soos
woorde van Elohim; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat Elohim
verleen, sodat Elohim in alles verheerlik kan word deur Jahshua Messiah,
aan wie die heerlikheid
en krag toekom tot in alle ewigheid. Amein" (1 Pet. 4:11).
·
"En ons gemaak het konings en priesters vir Sy Elohim
en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amein"
(Op. 1:6).
·
"Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van
onse Meester en Saligmaker, Jahshua
HaMessiah. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van
die ewigheid. Amein" (2 Pet. 3:18).
·
"Aan Hom die heerlikheid in die gemeente in
Messiah Jahshua deur alle geslagte tot in ewigheid!
Amein" (Ef. 3:21).
·
"Amein! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en
die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse Elohim tot
in alle ewigheid! Amein." (Op. 7:12).
·
“En nou, Vader, verheerlik My
by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. (6)
Ek het U Naam geopenbaar aan die Adamiete wat U My
uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My
gegee, en hulle het U Woord bewaar.
(7) Nou weet hulle dat
alles wat U My gegee het, van U kom. (8) Want die woorde wat U My gegee het, het Ek
aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U
uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het” (Joh. 17:5-8).
· "Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amein" (Rom. 11:36).
Die Almagtige Elohim se Woord is
en bly die hoogste geskrif wat ons het.
Hierdie belydenis, wat op JaHWeH se Woord rus, vorm die raamwerk van ‘n kind van Elohim se lewe en denke!