Belydenisskrif


Die doel en waarde van ons belydenis is onder meer om:

· die suiwer leer te verkondig, te bewaar en aan die nageslag oor te dra;

· die eenheid van die gelowiges in die onderskeie gemeentes te bewaar;

· openlik teenoor die węreld te bely en te getuig wat die suiwer leer van die saligheid is volgens die Woord van Elohim;

· die suiwer leer van die Heilige Skrif te verdedig en alle dwaalleer te bestry.


Ons handhaaf die volgende Belydenis in ooreenstemming met die Woord van JaHWeH en Sy bevele:

 

Ons bely die Heilige Name van JaHWeH ons Elohim en van die Seun Jahshua die Messiah, ons Verlosser en Saligmaker.

Ons bely die Doop van Elohim, soos deur Jahshua beveel en verwerp die bababesprinkeling en alle vervalsings van die heilige Doop.

Ons bely die Sabbat as rusdag op die sewende dag soos deur JaHWeH ingestel en in Sy Wet beveel word as 'n ewige instelling.

Ons bely die Nagmaal op die tyd en in die vorm soos deur Jahshua Messiah ingestel is en verwerp alle vervalsings daarvan.

Ons bely 'n heilige gemeente soos deur die apostels ingestel en waarvan Jahshua die enigste Hoof is en verwerp alles wat teenstrydig daarmee is.




Ons Glo en Bely

Die Suiwer Leer