Die Heilige Name van ons Elohim en die Vader se Seun, ons Verlosser
Is dit vir ons vandag nog belangrik en noodsaaklik,
om die korrekte Naam van die Elohim (God) van Abraham, Isak en Jakob,
die Een waarin ons glo, te gebruik? Is dit nie voldoende indien ons
Hom in gebed die Almagtige "God" noem nie? Maar amper al die ander
op aarde doen dit ook. Ons het tog nie almal dieselfde God nie. Die ander
gelowe het almal name vir hul gode. Die Moslems noem hul almagtige, Allah.
Die Hindus het baie gode met elkeen sy eie naam, maar roep hul een god
aan as "Lord (Here) Hare Krisjna" (my Sweet Lord) en Boeddhiste
noem hul god "Lord (Here) Boeddha". Die Sataniste noem hulle god "Lord
Satan". Die Allerhoogste Elohim leer ons in Miga
4:5 die volgende: “Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van
sy god, maar óns sal wandel in die Naam van JaHWeH onse Elohim vir ewig en altoos.”
(sien ook 2 Kon 17:25-34)
As iemand jou vra wat jou aardse vader, jou pa, se naam is, sal jy antwoord: "Die meneer", of "meneer"? Nee, jy sal sê wat sy naam is.
Het jou God, wie jy aanbid en dien, ’n naam? Wat is
die naam van jou God? Weet jy
wat die Naam van die Allerhoogste Elohim is? Hierdie
is presies die vraag wat die Allerhoogste Elohim ons vra in Spreuke 30:4 “Wie het na die hemel
opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in ‘n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die
aarde vasgestel? Hoe
is Sy Naam? En
hoe is die Naam van Sy Seun—as jy dit weet?”
Dit
behoort vir ons 'n duidelike aanduiding te wees dat beide JHWH ons Elohim
en die Seun, Name het. Indien hulle wel name
het, is dit dan nie belangrik vir ons om te weet wat daardie Name is
en daardie Name te gebruik om Hulle te aanbid en te dien nie?
Ons kla bitterlik wanneer mense ons persoonlike name verkeerd uitspreek of
spel, maar ‘dink’ JaHWeH ken ons hart en is van mening dat ons Hom
maar mag aanroep en dien deur 'n vals titel en vals naam,
terwyl Hy in Sy Woord sê hoe belangrik en heilig Sy Naam is.
Mense
protesteer ook erg wanneer plekname soos ‘Pretoria’ en ‘Potchefstroom’
verander word, maar is tevrede dat die valse leraars ons Hemelse Elohim se
Naam uit die Bybel verwyder het. Daar word aangevoer dat die
Allerhoogste nie sal omgee dat Hy “die Here” genoem word nie. Of is sy Naam
werklik vir Hom só belangrik? Is dit nie voldoende indien ons God net,
"Vader" noem, soos sy Seun ons leer in die modelgebed, bekend as
die ‘Onse Vader’ nie? Nie volgens Maleagi 1:6 “ ‘n Seun
eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As
Ek dan ‘n Vader is, waar is My eer? En as Ek ‘n Meester is, waar is die vrees vir My? sê JaHWeH van die leërskare aan julle, o priesters, wat My Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons U Naam verag? ”
Ons almal gebruik Hebreeuse woorde soos Satan, Hallelujah
(dit beteken: prys JAH, JaHWeH), Abba (Mar. 14:36); Mammon (Mat 6:24);
Rabboni (Joh. 20:16); Hosanna, Getsémané, Golgota en Maranata (beteken: laat
ons Regverdige Regter kom), Talíta
koemi (Mar. 5:41); Éffata, dit is: Gaan oop! (Mar. 7:34) en nog ander
voorbeelde ook.
Ons gebruik hierdie Hebreeuse woorde sonder moeite, maar sommige
weier om die Naam (JHWH) JaHWeH te gebruik (JHWH beteken die
Ewige) en Elohim (beteken die Almagtige) – “Elohim” is die titel van ons hemelse
Elohim. Die woord ‘Vader’ is net soos 'God', 'meneer' of 'god', 'n titel en glad
nie 'n naam nie. Satan
se naam het nog nooit deur al die eeue verander nie. Waarom is die
Allerhoogste Elohim en die Seun ons Messiah, se Name verander?
“Is die Naam
van ons Almagtige Elohim “Here?”
Nee, sekerlik nie! Almal
wat as predikante of pastoor geskool is, weet dat dit JAHWEH is. Hulle
weet ook dat die Vader se Seun Jahshua is. Hoe is dit moontlik
dat die Heilige Name uitvertaal is en dat dit selde, indien ooit,
gebruik word? Die vraag is: Is ‘n eienaam vertaalbaar? Is u eie name
vertaalbaar? Is “Pretoria” en “Johannesburg” vertaalbaar na ‘n totaal
ander naam? Hoekom is ons Hemelse Elohim se Heilige Verbondsnaam
uitvertaal en vervang? Die vyande van JAHWEH het die Naam 'JAHWEH' 7000 keer uit die Ou Testament van
die Bybel verwyder en met die term “Here” vervang. Netso is die Naam van Jahshua uit die Bybel verwyder en met "Jesus" vervang.
Baälaanbidding vandag
As die meerderheid kerkgangers gevra word of hy
betrokke is by Baälaanbidding, sal hy baie moontlik se: "NEE!"
As gevra word watter God hy aanbid sal hy waarskynlik antwoord: Die "Here",
"God" of dalk "Jesus". In sy oë en volgens sy
oortuiging is hy glad nie betrokke in Baälaanbidding nie, maar hy is bedrieg. “Maar ek vrees
dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so
miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Messias (2
Korinthiërs 11:3). So 'n persoon sal moontlik se: "Prys die
Here" en Sy Naam as "Here" gebruik in gebed sonder
enige benul dat dit Baälverering is.
Hy is sy hele lewe geleer om dit te
doen. Die bekende vertalings van
die Bybel het hom laat verstaan dat dit reg is om "Here"' te
sê in plaas van "JAHWEH". Dit word algemeen aanvaar dat die
Christelike skrywers van die Nuwe Testament van die Bybel, Elohim se Eienaam en Heilige Naam vervang het met die woord "kurios"
(die Here) in die Griekse skrifte. Dus aanvaar mense hierdie tradisie as die
waarheid sonder verdere ondersoek. Die predikante het ons dan so geleer.
Op bladsy 58 in die Bybelse
Ensiklopedie, word die volgende aangaande die woord, “Baäl”, verduidelik: “Baäl”
beteken dan oorspronklik “heer”, nie in die sin van “besitter” nie, maar as
‘n aanspreekvorm wat die vereerder teenoor sy god gebruik het: Veral is hy as
verpersoonliking van die son beskou. Een ding staan vas: Baäl was ‘n
natuurgod.”
In sy mees verbloemde vorm val
Satan die gemeente van Jahshua Messiah aan deur dit met die bemiddeling van valse
profete, wat hulleself as gesante van Christus voordoen, binne te dring: “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike
arbeiders wat hulleself verander in apostels van Messiah. En geen wonder
nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus
niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van
geregtigheid nie” (2 Kor. 11:13-15; vgl. Matt. 7:15 en 1 Joh.
4:1). Hulle saai verwarring en maak
mense van Messiah afvallig (2 Kor. 11:2-4).
Die oorgrote meerderheid mense wat die naam "Here"
aanroep in plaas van "JaHWeH", doen dit uit onkunde en omdat hulle mislei en verlei is. Hulle
kan verskoon word as hulle nog nie die waarheid weet nie. As ons graag wil
aanbid in "gees en waarheid" moet ons nie net aanvaar wat
vir ons gesê word sonder verdere ondersoek nie (Johannes 4:24; 1 Petrus 1:18,
1 Johannes 4:1). As ons 'n god aanvaar wie se naam "die Here"
is sonder om verder ondersoek in te stel, bedrieg ons nie onsself en volg 'n
leuen nie? Dié wat die waarheid weet,
het geen verskoning nie en sal geoordeel word!
So kan ons Baäl vereer, wat eintlik die duiwel is,
want alle gebede wat geoffer word op die tafel van Baäl word in werklikheid
aangebied vir die demone en nie die ware Elohim, JaHWeH, nie (1 Korinthiërs
10:20-22; 2 Korinthiërs 5:14-16).
Die woord "Baäl" beteken eenvoudig "here".
Soortgelyk word die Engelse vertaling "Here" (Lord) gebruik.
'n Persoon kan heer in sy eie huis wees of hy kan heer oor 'n groep wees.
Ons moet nie bang wees om die woord te gebruik in die betekenisse soos
hier-bo weergegee nie. Dit is geen aanbidding van 'n valse god of afgod nie.
Die woord kan ook vertaal word as "meester" of
"meneer". In Spaans (ook sommige ander tale) is daar net een
woord vir "Here" en "Meester", naamlik "Senor".
Die vertaal van Eiename is
‘n groot probleem. ‘n Eienaam van ‘n persoon of plek kan tog nie vertaal word
nie!! Met die ver-Grieksing van die nC-geskrifte, het dit wel deeglik gebeur,
soveel so dat Koos nou Klaas geword het. Die grootste gruwel wat egter deur
skrywers en vertalers gepleeg is, is dat die Heilige NAAM van ons Hemelse
Elohim, JaHWeH en die Seun, Jahshua, totaal wegvertaal, vervals
en vervang is met gruwelike name van heidense gode. Indien ons die naam van Piet Retief uit die geskiedenisboeke verwyder en met "Paul Roos" vervang, dat praat ons nie meer van dieselfde persoon nie.
Dit behoort die begeerte
van enige Afrikaanssprekende kind van Elohim te wees om die Ware onvertaalbare
en Heilige NAAM van ons Skepper in ‘n Afrikaanse Skrif terug te
plaas. SY Naam is ‘n ewige herinnering aan HOM - (Exodus 3:15).
SY Naam bring beskerming vir die een wat HOM by SY Naam aanroep
– (Psalm 91:14).
Selfs Totius, die
mede-vertaler aan die 1933-Bybel, het hewig beswaar aangeteken toe die
destydse vertalingskomitee nie sy aanbevelings wou aanvaar om hierdie
ware Hebreeuse Eiename in te sluit nie.
Ons het dan nou by die kern van die saak gekom,
naamlik ons Hemelse Elohim se Heilige Naam, Sy Verbondsnaam, Sy
Gedenknaam vir ewig, asook die Naam van die Seun, die Gesalfde, ons Losser
en Verlosser. Die mense is boos oor “Pretoria”, “Potchefstroom” en ander
plekname wat verander word, maar die predikante leer die mense dat dit reg is
om Elohim se Heilige Naam met “Baäl”
(Here) te vervang.
Dit is verloëning om die woord "Here" (Spaans
"El Senor") op so 'n wyse te gebruik deur dit die eienaam
van Elohim te maak. Daar was ook 'n spesifieke Kanaänitiese god wat "hab-Baäl"
genoem is, dit is "Here". Dit is wanneer "Here"
in die sin gebruik word of as 'n plaasvervanger vir Elohim se Heilige Naam “JaHWeH”, dat dit 'n element van valse aanbidding word en ‘n miskenning en verwerping
van Elohim se Heilige Naam.
Hier volg 'n paar tekste wat wys hoe JAHWEH voel oor
die aanbidding van afgode: Exodus 20:2-5: "Ek is JAHWEH jou Elohim wat jou
uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor
my aangesig he nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak
van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in
die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en
hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou Elohim, is 'n jaloerse Elohim wat die
misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die
vierde geslag van die wat My haat;"
Exodus 34:11-14: "Onderhou wat Ek jou vandag
beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete,
Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met
die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by
jou word nie. Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare
verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap. Want jy mag jou nie neerbuig
voor 'n ander god nie; want JaHWeH se Naam
is Jaloers - 'n jaloerse Elohim is Hy."
Deuteronomium 4:25, 26: "As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in
die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede
beeld maak, 'n gelykenis van enigiets, en doen wat verkeerd is in die oë van
JaHWeH jou Elohim om Horn te terg, dan neem ek vandag die hemel en die aarde as
getuienis teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen
julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin
nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word."
Tog se die Bybel dat die Israeliete deel gehad het
aan die aanbidding van afgode in die land waarin hulle gewoon het. Tussen
hierdie gode is daar 'n naam wat telkens weer na vore kom en dit is "Baal"
of "Here".
Aangaande
die feit sê
die "Theological Workbook of the Old Testament": Dwarsdeur
die tydperk van die Rigters het Israel horn oorgegee aan die aansteeklike
kultus (Rigters 2:11 en 6:25) en moes van die tragiese omstandighede gered
word deur Jahweh se rigters. Gedurende die tydperk van Agab, die seun van
Omri, het Baälaanbidding die amptelike geloof van die Noordelike Ryk geword
(1 Konings 16:31). Leah Bronner het oortuigende argumente dat Israel se
wonderwerke tydens die tyd van Elia en Elisa gedien het as 'n stryd
(polemiek) tussen Elohim en die magte toegeskryf aan hierdie heidense natuurgod,
naamlik: vuur (1 Konings 18:17; 2 Konings 1:9-16), reën (1 Konings 17:1;
18:41-46), voedsel (1 Konings 17:1-6, 8-16; 2 Konings 4:Iff), kinders (2
Konings 4:14-17), opwekking (I Konings 17:17-23; 2 Konings 4:18-37; 13:20-22
- The Stories of Elijah and Elisha as Polemics Against Baäl Worship, Leiden,
1968)
Hulle wonderwerke het egter nie die land skoongemaak
van die lae kultus nie en dit het gelei tot die ballingskap van die
Noordelike Ryk (Hosea). Hierdie kultus het ook die Suidelike Ryk binnegedring
(2 Konings 11:18; 21:2) en ten spyte van Josia se hervorming (2 Konings
23:4ff) het dit gelei tot die Ryk se ballingskap. (Esegiël 16:23) Die Hosea-gesprek beskryf hoe Israel, wat
geskenke van graan en olie van JaHWeH ontvang het, dit gebruik het in die
aanbidding van Baäl (Hosea 2:8)
Hierdie god wat Baäl genoem is, is later Tammus
genoem. Tammus- (of Baäl) aanbidding was sterk verbind met die kruis, die boom en sonaanbidding. (Sien "Restoration Light
Publication no 37: Cross or Impalement?") Hierdie aanbidding is nog
steeds aan die gang onder die meeste tradisionele Christelike groepe in die
vorm van die kruis, die kersboom, heilige kranse en Paasfees.
Dit is uiters belangrik om
die Elohim wat ons aanbid te identifiseer, want dat daar baie gode is wat aanbid
kan word, is ook verseker. In Jeremia 23:13 staan: “Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien:
hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel;” Dit het presies so
gebeur, want ons mense noem Hom “Here” wat “Baäl” beteken (“Lord” in
Engels) instede van JaHWeH, en so
het Sy Naam onbekend en vergete geraak en word ‘n afgod gedien. Die
skrikwekkende is wanneer “Baäl” vertaal word, dit in wese “Here” of “Heer” is. Die belangrike vraag is: Is dit
dan Baäl wat die predikers verkondig of is dit JaHWeH wat hulle verkondig? Hoekom
is Sy Heilige Naam met “Heer” of “Here” vervang? Baie duidelik staan daar in
Deuteronomium 18:5 en 7 dat die Leviete moes diens doen in die Naam van JaHWeH en dit is wat die
predikers nie meer doen nie.
Eseg. 39:7 “En Ek sal my Heilige Naam bekend maak onder My volk
Israel en sal my Heilige
Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek JaHWeH is, die Heilige in Israel.”
Ex 9:16 “…maar
juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou My krag kan toon, en dat
hulle My Naam op
die hele aarde kan verkondig. Dit is juis dit wat die “hulle” nie doen nie, in die plek van Sy Naam verkondig hulle “Here” wat “Baäl” beteken.
Ps 20:2 “Mag JaHWeH
u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die Elohim van Jakob
u beskerm!
Ps 91:14 “Omdat
hy My liefhet, sê Elohim, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken.”
Ex 3:15
“Toe sê Elohim verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel:
JaHWeH, die Elohim van julle vaders,
die Elohim van Abraham, die Elohim van Isak en die Elohim van Jakob, het my na julle
gestuur. Dit is My Naam vir ewig,
en dit is My
Gedenknaam van geslag tot geslag.” “Gedenknaam” beteken dat wanneer
ons aan Hom dink, ons aan Sy Naam as “JaHWeH”
moet dink en nie as “
Here” nie.
Kyk nou na Exodus 20:7,
naamlik: “Jy mag die Naam van die
Here jou Elohim nie ydellik gebruik nie, want die een wat Sy Naam ydellik
gebruik sal nie ongestraf bly nie.”
Daar staan in die Hebreeus “eet
asêr jissā êt-semo lassav”. Direk vertaal soos volg: “wat wegneem”,
(dit-die) Sy Naam tot vernietiging bring. “Eet” en “êt” in die Hebreeus, toon
die voorwerp aan wat iets aan gedoen moet word, byvoorbeeld, Génesis 1:1 lees
direk vertaal soos volg: “In die begin
het Hy geskape, Elohim dit
(êt) die hemelliggame en dit
(we-eet) die aarde.” Daar staan in die Hebreeus
van Exodus 20:7 die volgende: “Jy mag die Naam van JaHWeH
jou Elohim nie wegneem tot vernietiging (tot die nietigheid of
vergetelheid) nie, want die een wat Sy Naam wegneem tot vergetelheid
(vernietiging) sal nie ongestraf bly nie.” Hierdie
vertaling pas in die konteks van die WOORD, terwyl “ydel gebruik”,
nie in die res van die Woord ondersteun word nie. Die vraag is, kan diegene,
dit wil sê vertalers sowel as predikers wat die Heilige NAAM verberg,
in die koninkryk van JaHWeH kom?
Ex
20:7 “You do not bring the Name of
YHWH your
Elohim to naught, for YHWH does not leave the one unpunished who brings His Name
to naught (The Scriptures).
Die argument dat die Heilige
Naam nie gebruik mag word nie, stort in duie as mens dink dat “JAH”
die verkorting is van “JaHWeH”
en dat soveel name soos Jesaja, Elia selfs Sonja en ander name, juis daardie
verkorting in het en ‘n vernoeming is na JaHWeH. Jahshua is ook weer ‘n
samestelling van Sy Naam, want “shua” beteken “red”. “JAH RED”, is ons Verlosser
se naam.
Sodra 'n dissipel van die Messias die waarheid
aangaande hierdie dinge ontdek het, moet hy of sy onmiddellik alle vorme van
Baälaanbidding uit sy lewe verwyder! Openbaring 18:4: "Gaan uit haar
uit my volk ..." Ja, gaan uit alle tipes van aanbidding wat die
Satan behaag.
Die Heilige Naam in die Nuwe Testament.
Om terug te keer na die Naam van Elohim, party mense sê
dat aangesien die Nuwe Testament Elohim se Naam in Grieks vertaal as "Kurios"
wat ook beteken "Here", ons dieselfde moet doen. Tog dui
getuienis daarop dat die Nuwe Testament Bybelskrywers nie Elohim se naam vervang
het met "Kurios"("Here") nie. Aldus die mening van
mnr. George Howard, mede-professor van Godsdiens en Hebreeus aan die
Universiteit van Georgia:
"In 1944 het W.G. Waddell die oorblyfsels
ontdek van 'n Egiptiese papirusrol (Papyrus Fuad 266) wat gedateer is in die
eerste of tweede eeu voor Christus en het deel van die Septuagint ingesluit.
In geen geval is JHWH vertaal as "Kurios"
nie. In plaas daarvan is die Tetragrammaton self in vierkantige Aramese
letters in die Griekse teks ingeskryf. Dit staan gelyk aan die Qumram
Verbonders se gebruik van die "paleo" - Hebreeuse skrywes
vir die Heilige Naam in 'n dokument wat andersins geskryf is in vierkantige
Aramese skrif.
Die Heidense Christene, anders as Hebreeuse
Christene het geen tradisionele verbintenis met die Hebreeuse Tetragrammaton
gehad nie en sonder twyfel dit nie eers altyd beset nie. Nie-Hebreeuse
skrywers wat nog nooit tevore Hebreeuse skrif gesien het nie (veral in sy
argaïese vorm) kon onmoontlik die Heilige Naam bewaar het. Miskien het dit
bygedra tot die gebruik van "kurios" en "theos"
vir die Tetragrammaton. Dus, teen die einde van die eerste Christelike eeu
het die gebruik van plaasvervangers soos "kurios" en
"theos" en hulle byvoegings daartoe bygedra dat die Hebreeuse Tetragrammaton
in beide Testamente verwyder is.
Daarom sê ons dat die Christen Bybelskrywers wel die
Heilige Naam gebruik het in hul
geskrifte in sy Hebreeuse vorm. As ons anders glo, beteken dit dat ons glo
dat ons Verlosser en die Apostels in die naam van 'n god genaamd "kurios"
gekom het en nie in die Naam van
JaHWeH en Jahshua nie. Volgens
die Hebreeuse geskrifte, as dit so was, sou ons al die Christengeskrifte moes
verwerp as boodskappe van 'n valse god. Deuteronomium 18:20: "Maar die profeet wat so vermetel
is om 'n woord in My Naam te
spreek wat ek horn nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, die profeet moet
sterwe."
Ons kry vandag baie mense wat daarop aanspraak maak
dat hulle profete is wat kom in die naam van die "Here". Maar
ons kan hulle uitken as nie-gestuurdes deur die ware Elohim, JaHWeH. 'n Ware profeet sal in die Naam van JaHWeH kom en nie in die naam van 'n god wat "Here"
genoem word nie.
Roep al die mense wat aanbid in die Naam van "die
Here" of "Jehovah" dan 'n valse god aan? Ja en nee. Ons
moet onthou dat ons ver weg is van die eerste eeu af, en die Satan het 'n
groot misleiding veroorsaak, sodat selfs die dienaars van die Almagtige nie
sal weet wat om te doen nie (Lukas 12:46-48). Elkeen is verantwoordelik vir
dit wat aan hom gegee is (Lukas 12:48). Dus moet ons verwag, ten minste aan
die begin van die finale oes, dat die meeste van die Messias se dienaars nie
die belangrikheid van die gebruik van die Heilige Name insien en so die
gebruik van die naam van 'n vals god teëstaan nie. Maar soos die boodskap
deur die wêreld gaan, moet ons verwag dat die Heilige Gees die gebruik van
die Heilige Naam op die harte van hulle
wat werklik aan Horn behoort sal lê, sodat hulle die ware boodskap hoor.
Hoe sal ons dan die Naam
van Skepper vereer? Verseker nie met die plaasvervanger "Here"
as Naam nie.
Tog moet almal wat waarlik wil aanbid in gees en
waarheid dadelik begin om die naam van "Baälim" te verwyder
uit hulle monde. (Joh. 4:23, 24; Hosea 2:17) Daarom, liefdevolle kinders van
JaHWeH, moet ons die begeerte het om "JaHWeH te loof" en nie
"die Here (Baa/)" te loof nie. Psalm 111:1-5; 150:6. Deur
JaHWeH te prys behoort dit ons nader aan Hom en aan mekaar te bring. Ons besef dat almal wat hierdie wêreld
liefhet, insluitende almal wat die gewilde tradisies van mense liefhet, op
die punt staan om vernietig te word en dit laat alleen die agter wat onder
die Bloed van die Messias staan - Mattheus 24:37-42; Openbaring 7:13,14;
Sefánja 2:2, 3.
Na die vernietiging van Satan se koninkryk en JaHWeH
se Koninkryk in totaliteit oorgeneem het, sal almal wat dood is, voor die
regterstoel verskyn (met uitsondering van die mederegeerders van Jahshua Messiah,
wat alreeds opgewek is -Romeine 8:17; Openbaring 20:4) om geoordeel te
word deur die Regverdige Regter, Jahshua.
(Openbaring 20:12). As gevolg daarvan sal "baie volke” heengaan en
se: Kom laat ons optrek na die berg van JaHWeH, na die huis van die Elohim van
Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in Sy paaie kan wandel."
(Jes. 2:3). Die woorde wat in Psalm 83:18 staan sal dan volbring word in die
wat vernietig is soos daar in Psalm 83:19 staan: "sodat hulle kan
weet dat U, wie se Naam JaHWeH is,
alleen die Allerhoogste is oor die
hele aarde."
Hand 4:12
“En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen
ander Naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word
nie.
Openbaring 3:8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende
deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my Woord
bewaar en My Naam nie verloën nie.
Waar kry die mens die reg om die Almagtige Elohim se Heilige Naam te vervyder en te verander?
Dit is ’n verloëning van Sy ware Naam!
|