Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Filippense 4:6-7

 

 

 

Stuur gebedsversoeke aan Coen de Beer. Jy kan die vorm ook hiervoor gebruik. Meld indien anoniem verkies! Die gebedsversoeke sal dan anoniem aan die groep gestuur word. As 'n reël word gebedsversoeke wat reeds “ge-forward” is nie verder “ge-forward” na die groep nie, maar net gebedsversoeke waarvan Coen die oorspronklike ontvanger is, of dié wat alreeds gekontroleer is en deur die afsender bevestig is dat die boodskap eg is en nog van toepassing is. Die rede hiervoor is, dat ons al gebedsversoeke ontvang het wat “ge-forward” was, net om later uit te vind dat die versoek al so lank op die Internet rondswerf, dat die persoon waarvoor voorbidding gevra is al twee jaar gelede begrawe is na die siekbed of alreeds gesond is.

 

Hierdie lys met gebedsversoeke word eenmaal per week hernu en ou gebedsversoeke word dan verwyder. Jy is welkom die ou gebedsversoeke weer te herhaal indien omstandighede dit vereis. 

Gebedsversoeke sal vir 'n week op hierdie blad verskyn, tensy die omstandighede verander of 'n langer tydperk noodsaaklik is. Die nuutste gebedsversoeke word altyd bo-aan die lys geplaas.

 

Hierdie lys is hernu op 31 Oktober 2006



Kliek hier om die lys te druk

Kom ons bid asb saam vir…

 

Ronelle Hartman

 

Hallo almal,

Hierdie email is nie bedoel as 'n "stuur my aan" nie.  Indien jy reeds iemand is wat weet van Ronelle se ongeluk en vir haar bid, of familie - dan is hierdie email bedoel om jou op hoogte te hou met wat gebeur.

As hierdie die eerste is wat jy hiervan hoor - jammer.

In die heel eerste plek wil ek baie - baie - baie dankie se vir almal wat my / ons bel en ondersteun. Vir al die sms'e.  Dit het net 'n punt bereik waar ek absoluut nie meer kan byhou om julle terug te kontak en op hoogte te hou op die foon nie.  So - eintlik wil ek vra - bel my nog steeds, sms my nog
steeds, wanneer ek kan sal ek die oproep neem.  Dit beteken vir my ontsettend baie - elke oproep wat ek ontvang.  Ongelukkig moet ek in ICU my selfoon afsit vir al die instrumentasie, soms moet ek probeer slaap.

So - ek het besluit om 'n email te skryf om almal op hoogte te bring met wat gebeur het, en wat Ronelle se toestand nou is.  In die toekoms gaan ek ook meer van email gebruik maak om julle op hoogte te hou.  Indien jy nie hierdie email eerstehands ontvang nie - stuur gerus jou email vir my en ek sluit jou in in die lys.

In die eerste plek.  Vir almal van julle wat vir Ronelle bid en haar nie regtig ken nie - en ek weet daar is baie van julle.

 

Wat gebeur het:


Donderdag oggend 19Okt het Ronelle vir Lelane - ons dogter - gaan aflaai by die skool. Terug by die huis het sy by ons hek gestop - uitgeklim om dit oop te maak.  Ek neem aan - terwyl sy besig was om die hek oop te maak het die motor begin vorentoe loop. Ons bly in Magalieskruin teen die berg, en het 'n redelike afdraende oprit.  Dit lyk of die motor die hek oop gestamp het.  Van die bietjie inligting wat ek in die harwar by Ronelle gehoor het is dat toe sy omdraai die motor reeds op haar was.  Ek kan net raai wat verder gebeur het.  Dit het geëindig waar Ronelle onder die motor was.  Sy was half bo-op die tuinmuurtjie - met die motor bo-op haar vasgepen.

 

Ek het nog geslaap met haar tuiskoms.  Ons honde het my wakker geblaf, en toe het ek haar hoor gil.  Glo my, dit was of 'n weerligstraal my uit die bed slaan.  Toe ek buite kom het dit 'n oomblik geneem om te besef waar sy is.  Hievandaan kan ek nie regtig die volgorde van gebeure onthou nie.  Ek weet ek het op 'n stadium in die huis gehardloop om my selfoon te kry.  Ook dat my buurman op daardie oomblik gery het.  Hy het gelukkig ook haar gille gehoor en gestop.  Toe hy besef wat aangaan het hy terug huis toe gehardloop en 'n hidroliese "garage jack" (wat ek nie kan optel nie) in sy arms gedra soos 'n baba, en daarmee gehardloop van sy huis tot by ons.  Intussen het ek 911 gebel om 'n ambulans te ontbied.  Terwyl ek besig was om die motor met 'n tou van sy sleepstang aan die hekpaal vas te bind sodat hy nie verder vorentoe kon gly nie, het hy aangekom met die jack.  Ons het dit agter onder die motor ingedruk en die motor opgelig.  Ek moes toe om hardloop na die fontein se kant om Ronelle los te kry.  Ronelle se linker arm is by die bo-arm gebreek en gevou tussen die uitlaat en die motor onderstel ingedruk.  Ek het haar gehelp om die arm los te kry - toe weer om die motor gehardloop en haar van ander kant af uitgehelp totdat haar gesig on bolyf onder die motor uit was.  Op die oomblik het ek begin paniekerig raak en gebid dat die ambulans moet kom.  Terwyl ek die nommer soek om hulle weer te bel het hulle voor die hek gestop en haar dadelik begin help.

 

Ek sal liewer nie verder beskryf hoe my vrou onder die motor ingefrommel was nie.  Ek sien dit elke keer as ek my oë toemaak.

 

 

 

 

 

 

Ronelle kom hier uit - tussen die onderstel - uitlaatpyp en die muur.  Nadat Ronelle uit is le die motor plat op die muur - so ek kan net aanneem dat die volle gewig van die motor gedeeltelik op haar moes wees.

 

Dit het vir my soos 'n ewigheid gevoel terwyl hulle haar op die toneel gestabiliseer het.  Ek het saam met die ambulans hospitaal toe gery.  Hulle wou my nie in ongevalle toelaat terwyl hulle besig was nie.  Ek het eers by die hospitaal Ronelle se ouers gebel.  Hulle het opgedaag terwyl Ronelle nog in ongevalle was.

 

Om 'n lang storie kort te maak.  Ronelle het die volgende beserings.  Sy het 'n gebreekte linker bo-arm.  5 gebreekte ribbes aan die linker kant onder die arm af min of meer.  Twee gebreekte rugwerwels, en 'n gebreekte bekken.  Sy het 'n besering aan die linkerkant van haar gesig - 'n sny / druk fraktuur van onder die wangbeen tot bo-op die kop.  Dit loop omtrent 2cm weg van die oog verby.  Sy het 'n klomp baie ernstige brandwonde (dwars deur die vel) - onder die linker arm - amper van bo tot onder.  Oor haar bors, aan haar ken - aan haar regter been.  Die ergste is vir my haar linker hand se wys vinger en duim wat tot op die been verbrand is volgens die chirurg.  Beide haar longe is beseer - die linker een meer.  Daar is vog op  haar longe wat hulle dreineer - die dreinasie lyk redelik goed.

 

Sy was gister aand van 17h00 tot 24h15 in teater.  Daar is 'n pen in haar linker arm gesit.  Die bo-arm been het omtrent in die middel gebreek - reg waar die senuwee wat die gewrig op en af beweeg  oor die been gaan.  Ons is nie op hierdie stadium seker of hierdie senu beskadig is nie.  Haar elmboog is ook oopgeskeur aan die agterkant tot op die senu wat die vingers beweeg.  Die dokter reken hierdie senu is heel.  Die meeste tyd in die operasie is spandeer op die gesig - skedel wond.  Hierdie wond het van die senu's aan die linker kant van haar gesig afgesny.  Die plastiese chirurg het al hierdie senus onder ‘n mikroskoop probeer las.  Net tyd sal leer hoe suksesvol hy was.  Hiedie senus beheer onder anderre haar oogwimpers en ander gesig spiere aan die linker kant.

 

Die chirurg wil so gou moontlik vel oorplantigs doen op haar brandwonde.

Ter wille van haar longe - en om dit moontlik te maak om haar meer pyn stillers te gee - is sy op hierdie stadium (Vrydag aand)  sedert die operasie nog steed geventileerd (asemhaal masjien), en baie diep sedasie.

Die ICU personeel en dokters is tevrede met haar vordering sover.  Soos die suster se - sy lewe self op hierdie stadium - sy word nie deur masjiene aan die lewe gehou nie.  Al haar lewens funksies is baie goed en konstant.  Daar word op hierdie stadium baie voorkomend gedoen teen inveksies - beide die longe en brand wonde.  Daar is ook laat vanmiddag begin met 'n baie nuwe metode en middels vir brandwond behandeling.  Ons wag eintlik nog vir goedkeuring van die mediese fonds - maar ek het solank verantwoordelikheid aanvaar vir die naweek se behandeling.

Sy was vanoggend vir my baie geswel in haar gesig en nek van die chirurgie.  Dit het vir my teen vanaand bietjie begin sak aan die regterkant.

Ek is jammer as die beskrywings hierbo vir iemand klinies of te grafies voorkom.  Dit is my manier om dit te hanteer - en verder wil ek he dat julle presies moet weet waarvoor om te bid.  Ek is ook glad nie koud daaroor nie.  Ek het vanoggend toe ek my oe oopmaak begin huil vir al my meisietjie se seer.  Ek het so seer in my hart vir al haar pyn.  Bid asb vir Ronelle vir spesifieke genesing vir haar beserings.  Bid vir haar gees en geloof om sterker aan die anderkant hiervan uit te kom.  En bid asb vir ons as gesin - vir my en Lelane ook.  Ons het regtig julle ondersteuning nodig, en dit beteken vir ons ontsettend baie.  Bid ook vir die mediese personeel en die dokters, hulle het ook wysheid en Jesus se bestuurende hand nodig.  Bid vir Lelane - dit moet vir haar 'n geweldige skok wees om haar ma hierdeur te sien gaan.

As julle na die fotos kyk sal julle besef hoekom ek voel dat sy in 'n wonderwerk nog vir my gespaar is.  Ek het seer in my hart, maar al die gebede wat vir ons opgaan gee ook vir my 'n gevoel van vrede.  Ek verlaat my totaal op my geloof.  Jesus is Ronelle se Skepper en Redder.  Waar dit in Sy wil is, is niks onmoontlik nie.  Ek glo dat Hy vir Ronelle gaan spaar en dat Hy haar gaan genees.  Ek verlaat my daarop, en ek vind my vrede daarin.  Ek blameer glad nie vir Jesus vir wat gebeur het nie, ek weet watter adres dit toekom.  Ek glo dat Hy daar was om haar te beskerm.

Ek dink omdat Ronelle soveel vir mense beteken en hulle na Jesus ly wou die duiwel haar kom wegsteel - maar dit is verhoed.

Met alles wat gebeur het is daar soveel om voor dankbaar te wees.  Sy lewe. Sy was die hele dag gister by haar positiewe.  Sy kon vrae antwoord en was deur die dag bekommer oor van haar pligte en take wat nog moes gebeur.  Dit alles dui vir my daarop dat haar brein nie beseer is nie.  Daar is volledige MRI scan van haar skedel en lyf gedoen.  Haar organe - behalwe longe is nie beskadig nie.  Haar nek is nie gebreek nie - sy is nie 'n parapleeg nie.  Sy sal kan funksioneer wanneer sy herstel het.

Dit is wat ek nou aan kan dink om te se.

Baie, baie dankie vir julle gebede, moet nie ophou nie.

Ek sal poog om julle op hoogte te hou met email in die toekoms. Vir die mense wat nie email het nie - stuur maar weer vir my sms'e. Ek sal probeer om sms'e ook te stuur van tyd tot tyd.

Ek sal dit waardeer as julle ook vir haar email boodskappe stuur. Dan kan ek later wanneer sy by haar positiewe is dit vir haar uit-print en lees. Ek wil ook graag vir haar wys op hoeveel mense se lewens sy 'n invloed het, en hoeveel mense vir haar omgee.  Een van die struikel blokke vir haar in haar lewe is wat haar doel is - wat sy vir ander mense beteken en of sy vir Jesus van nut op aarde is.

As jy hiervandaan vorentoe wil he dat ek jou op hoogte moet hou met wat gebeur - stuur dan spesifiek vir my 'n email om jou op 'n lys te plaas - ek gaan 'n nuwe lys begin om seker te maak dat ek nie iemand irriteer nie.

Groete, en mag Jesus julle lewens seen.
webweavers@wbs.co.za
Johan Hartman

Terugvoering

 

 

Hallo almal.

Ek het sopas deur 170 emails gelees!  Meeste daarvan van mense wat my en
my gesin hoegenaamd nie ken nie.  Elkeen met 'n boodskap van versterking
en goeie wense.  Sommige van hulle met verstommende persoonlike
getuienisse.  Baie, baie dankie ver elkeen van julle, ek en my gesin
waardeer dit opreg.  Ongelukkig is daar vir elkeen van julle net hierdie
een antwoord email.  Ek moet se, dat tussen die foon, sms'e en email,
spandeer ek net soveel tyd aan kommunikasie as by die hospitaal.  Ek kla
nie, ek se vir elkeen van julle dankie.  Weet dat ek baie van die emails
uit-print om dit vir Ronelle te gaan lees.

Ek het nie gister 'n email geskryf oor hoe dit met Ronelle gaan nie -
jammer.  Gister was vir my 'n baie uitputtende dag.  Die meeste van
julle het ook waarskynlik nie die twee emails gekry wat hierdie een
vooraf gaan nie.  Opsommenderwys; Dit gaan baie goed met Ronelle, en ook
baie sleg.  Baie sleg omdat sy baie pyn verduur.  Die baie goed gaan oor
die volgende.  Ronelle is onder diep verdowing gehou na die operasie
verlede Donderdag.  Vannaf Saterdag middag is dit stelselmatig verminder
sodat sy kon begin self asemhaal.  Maandag was sy by haar positiewe.
Die respirator sy pyp is uit haar keel gehaal.  Die drein wat vog uit
haar longe dreineer is uitgehaal en sy kon met ons begin kommunikeer.
ek was verstom oor my vrou se goeie geees.  Sy het met ons grappies
gemaak deur soentjies te blaas van agter die suurstof masker.

Gister was vir my woes.  Ek kon sien dat Ronelle ondraaglike pyn
verduur.  Ek en Lelane het ook vir die eerste keer van haar brandwonde
gesien sonder verbande of pleisters.  Die brandwond aan haar liner arm

(wat ook gebreek is - dit het 'n pen in ) loop van naby haar armholte to
amper by haar gewrig.  Dit is die volle breedte van haar arm en is 'n
derde graadste brandwond - met ander woorde die hele vel is weg.  Haar
wysvinger en duim is ook baie erg gebrand - geen vel.  Terwyl hulle 'n
nuwe KCI (spons met pleister oor waarop 'n suiging geplaas word) op die
arm gesit het was ek en Lelane by haar.  Sy het ons gevra om by haar te
bly omhaar te ondersteun en die suster het dit toegelaat.  Ek en Lelane
was alby stomgeslaan - van ons voete af.  My hart is baie seer dat
Lelane dit moes sien - maar ek is dankbaar dat ons daar kon wees vir
Ronelle.  Die proses het geduur van +-16h00 to 18h00.  Ek het Ronelle se
hand vasgehou - vir haar 'n klomp epos boodskappe gelees en 'n klomp
psalms.  Dit het haar aandag afgelei en hopelik die pyn ligter gemaak.
Toe ons by die hosp weg is het dit vir my gevoeg of daar 'n fisies las
op my bors rus.  19h00 was ons weer terug by haar.  Daarna het ek en
Lelane gaan fliek  - laat by die huis gekom en nie aan die slaap kon
raak nie.

Vandag was beter.  Ronelle is bietjie beter - dalk kon sy die pyn beter
hanteer vandag - en sy het beter gelyk.  Vandag is ook die laaste pyp
wat na haar maag is verwyder.  Ek dink sy voel gemakliker.

Op hierdie stadium is ons angstig dat sy moet begin eet - vloeistowwe.
Sy is baie naar en die smake van sappe ens is vir haar baie sterk.

Miskien kan ek aanhaal wat die ortopeet gister vir my gese het.  Ronelle
vorder fantasties - ongelooflik goed.  Haar situasie is steeds ernstig
en sy het baie pyn.  Hy't gesê - Mr Hartman - in retrospeksie kan ek vir
jou se dat ons nie gedink het sy gaan dit maak nie.  Ek het verwag dat
sy 2 tot 3 weke op die respirator kon wees.  (Die respirator is na 3 dae
uit)

So - op hierdie stadium glo ek dat Jesus reeds vir ons verskeie
wonderwerke gedoen het.  Sy het geen brein beserings nie, sy het nie
spinale beserings nie!  Sy het nie ernstige orgaan beserings nie.
Ongelooflik.  Ons het soveel om voor dankie te se in ons gebede.  Ek
hoop hierdie is 'n grootse geloofs bevestiging vir elkeen van julle wat
bid.

Hou aub aan bid vir Ronelle vir herstel sonder komlikasies, bid aub vir
haar vir pyn verligting.

Soos ek hier sit glo ek dat hierdie gebeure ongelooflik baie mense se
lewens gaan raak.  Mag elkeen van julle 'n seen ontvang in julle lewens
en opnuut besef watse ongelooflike liefdevolle Skepper ons het.

Daar is nog baie wat ek graag met julle wil deel - maar dit is laat / of
vroeg en ek is 'n bietjie gedaan.

Tensy jy 'n spesifieke boodskap vir Ronelle het - moet aub nie op
hierdie boodskappie reageer nie - ek sukkel om by te bly.

Baie mense het gevra - Lelane is 14

Groete en seënwense

Johan Hartman en Lelane

 

 

31 Oktober 2006

 

Hi almal.

Eerstens moet ek so bietjie om verskoning vra dat daar soveel dae
omgegaan het sonder dat ek 'n boodskappie geskryf het.  Daar het so 'n
groot moeg my kom vang van Sondag af.  Dit is sekerlik maar die spanning
wat nou sy tol kom eis.  Ek het ook deur 'n geweldige klomp email gewerk
van Sondag af  - seker so naby 400 emails.  Weereens, daar is soveel van
julle wat 'n persoonlike antwoord verdien, ek kan ongelukkig net nie
daarby uitkom nie.  Verder ook, ek het moet opgegee teen Sondag om nog
name by my email lys te voeg.  Om te probeer seker maak dat die spam
filters nie die mail eet nie het ek die lys name in 8 van omtrent 'n
bladsy elk opgedeel.  Ek gaan elke email deur wat ons ontvang, en print
baie van hulle uit sodat Ronelle dit kan lees, of een van ons vir haar
kan voorlees.

Dit gaan elke dag beter met Ronelle.  Party dae - soos gister - is haar
gemoed swaarder as ander.  Teen gister is sy van al wat pyp en draad is
ontkoppel.  Sy kry nie meer suurstof nie, en het ook nie meer 'n drup
nie.  Daar word probeer om haar pynvlak te bestuur met pille wat sy 6 of
8 uurliks kry.  Sy het van tyd tot tyd meer seer, maar dit lyk of sy byhou.

Die ortopeet se dat hy baie tevrede is met haar bekken se herstel.  Hy
sou graag vir haar 'n bors stut wou gee om die werwels te beskerm en
haar dan op die been probeer kry.  Dit is ongelukkig agv die brandwonde
nie nou moontlik nie.

Daar is sprake dat die plastiese chirug weer na haar hand wil kyk teen
more, is nog nie 100% seker nie.  Ek vrees dit so bietjie vir Ronelle se
part.  Die volgende stap met haar hand is om 'n flap vel+vleis van haar
lies los te sny om - om die vingers te werk.  Dit bly dan aan die lies
en aan die vingers vas.  Met die hele binnekant van haar linker arm
reeds vel oorgeplant voorsien ek dat dit baie ongemaklik kan wees, en
natuurlik nog 'n nuwe seer.  Aan die ander kant is ek dankbaar dat daar
sulke mediese opsies is om vir haar haar vingers te behou.  Ek bid en
hou duim vas dat daar nie komplikasies intree met haar vingers of
brandwonde nie.

Baie, baie dankie vir almal se bemoediging.  Daar is letterlik honderde
mense wat ons van geen kant af ken wat vir ons bid.  Ons waardeer dit
soveel - dit dra ons regtig deur hierdie moeilike tye.  Ek is regtig
jammer dat ek nie die lys kon byhou nie - dit sou eenvoudig tyd neem wat
ek nie het nie.  Iets wat my baie neederig maak is: Ons huiswerker het
die naweek wat verby is gevas en die hele Vrydag nag deur gebid saam met
'n paar vriendinne van haar kerk.

Wees verseker daarvan dat ons vas staan in geloof.  Dit is ons anker wat
deur heirdie tyd net sterker word - al gaan dit soms moeilik met die
gees en die liggaam.

Baie liefde vir julle.  Ek bid dat elkeen wat vir Ronelle bid 'n
spesiale seen  sal ontvang is sy / haar lewe.

Groete
Ronelle, Lelane en Johan.

 

 

 

Verootmoediging, Berou, Bekering en Bid vir reën en beskerming

 

Lev 26:3-5; 11 – 12 "As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.

11. “En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. 12. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees.”

 

1 Kon 9:6-10 As julle en julle kinders ooit van My afvallig word en my gebooie, my insettinge wat Ek julle voorgehou het, nie onderhou nie, maar ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, 7. dan sal Ek Israel uit die land uitroei wat Ek hulle gegee het, en die huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp, sodat Israel 'n spreekwoord en 'n spotlied sal word onder al die volke. 8. En hierdie huis wat so hoog is--elkeen wat daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?  9. Dan sal hulle sê: Omdat hulle die HERE hul God verlaat het wat hulle vaders uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en daarvoor neergebuig en hulle gedien het--daarom het die HERE al hierdie onheil oor hulle gebring.

 

2 Kron 7:13 – 14 “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees”.

 

Mat 13:14-15 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. 15. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

 

Geliefdes in die Here, ons doen ‘n ernstige beroep op elke kind van God vir verootmoediging, berou en bekering sodat ons tot God kan bid vir reën en beskerming.

 

Keer terug na God en sy onvervalste Woord. Vlug van die mensgemaakte godsdiens en dien Hom slegs soos Hy in sy Woord beveel!

 

BID SAAM:

 

Hemelse Vader ons dank U dat U, u enigste Seun gestuur het om vir ons sondes te sterf.

Ons dank U Vader vir alles wat U vir ons gee en vir ons doen, terwyl ons niks verdien nie.
Vader ons vra dat U ons sal bekeer, dat al
u kinders sal besef dat ons moet terugkeer na u Woord en u bevele sal gehoorsaam.

Dat ons U weer sal dien en eer soos U ons beveel en alle mensgemaakte godsdiens sal los en vermy.

Ons bely dat ons swaar teen U gesondig het.

Ons bely ons diepe afhanklikheid van U.

Vader ons bid vir vergifnis van ons baie sonde.

Ons bid dat U die mense in Suid Afrika genadig sal wees en sal seën.

Ook dat U onskuldige Suid Afrikaners sal beskerm teen al die geweld.

Vader ons bid dat U mildelike reën sal stuur sodat daar voedsel en drinkwater mag wees vir mens en dier.

En dat daar 'n positiewe verandering in die harte van die mense in Suid-Afrika sal plaasvind.

U alleen kan ons red uit hierdie nood en ons verlos.

Bekeer ons Here, sodat ons ons mag bekeer.

Ons bid dit in die Naam van JESUS CHRISTUS ons Verlosser en Koning. AMEN