<< Terug na Artikels

 

DIE NAAM BO ALLE NAME

 

In die Bybelse tyd was die proses van naamgewing ‘n heeltemal ander storie as vandag. Dit was ‘n baie belangrike saak. As ons ‘n bietjie dieper in die Skrifte indelf sal ons tot die besef kom dat die mense toe nie sommer net ‘n naam gegee het omdat dit vir hulle mooi op die oor geklink het nie. Elke naam het ‘n spesifieke betekenis.

Elohim (God) het 'n Boodskapper (enge) gestuur om Josef en Maria opdrag te gee wat die Seun se Naam moet wees. Die Boodskapper van JAHWEH het na hulle gekom en vir hulle gesê dat dit ‘n seuntjie sou wees en dat hulle Hom JAHSHUA moet noem. (Hulle het Aramees gepraat en nie Grieks nie).

In die Bybel staan daar valslik dat hulle Hom “Jesus” genoem het, maar dit is nie wat die Boodskapper aan hulle meegedeel het nie (Mat 1:21; Luk 1:31). Kom ek verduidelik hoekom nie:

In die eerste plek was hulle Hebreërs uit die stam van Jehudah (Juda) en het Aramees gepraat. Ons word wysgemaak dat die algemene spreektaal van daardie tyd Grieks was, maar dit is nie waar nie. Net soos ons vandag Afrikaans praat, maar Engels die wêreldtaal is, so was dit daardie tyd. Die wêreld taal mag Grieks gewees het, maar die Israeliete het nog steeds Hebreeus gepraat en geskryf. (Hebreeus en Aramees verskil so van mekaar soos Afrikaans en Hollands)

Die naam 'Jesus Christus' is nie Hebreeus nie, maar ‘n gefabriseerde Grieks-Latyns-Engelse benaming.

Hoekom sou die Vader juis ‘n Boodskapper stuur om aan Josef en Maria bekend te maak wat hulle Hom moes noem? Omdat dit Vader se Seun was wat benoem moes word, en nie Josef s’n nie. Dit moes ‘n Naam bo alle name wees, Een waarvoor elke knie sou buig, en wat verlossende krag ingehou het. Die Engel sou nooit ‘n Griekse naam vir Josef en Maria gegee het nie. “Jesus” beteken ook nie “JaHWeH red” in Grieks nie.

Ons weet dat Elohim se Naam JAHWEH is, en die Seun het gesê dat Hy gekom het in Sy Vader se Naam. Dan moet daar iets van Sy Vader se naam in Sy Naam na vore kom. Maar kan ons die Vader se Naam in Jesus sien? Nee!

In die Hebreeus word Elohim se Naam geskryf as JHWH en word as JAHWEH uitgespreek. Die verkorte vorm van Sy Naam is JAH soos ons dit vind in baie ander name soos ek later sal verduidelik en in HALLELUJAH. Die mees bekendste woord in die hele wêreld. Maar ongelukkig is Elohim se Naam ook so wegvertaal dat dit onherkenbaar is as deel van Sy Naam. In Afrikaans ken ons dit as Halleluja en in Engels is dit Alleluia. ‘n Suiwer Hebreeuse woord wat “prys JAHWEH” beteken.

Jahshua sê in Joh 5:43: “Ek het gekom in die Naam van My Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem”. In Ex 23:21 sê JAHWEH dat Sy Naam in die Seun is: “want My Naam is in Hom“. As Elohim se Naam JHWH is wat is die Seun se Naam? JH SHU A. Dit is soos hy in Hebreeus geskryf was. Dus JAHUSHUA in Hebreeus en JAHSHUA in Aramees soos dit oorspronklik was. Sonder om te tegnies te raak oor die Hebreeuse taal, is dit genoeg as ons volstaan by JAHSHUA wat letterlik “JAHWEH Verlosser” beteken. “Shua” is die Hebreeus vir Verlosser of Redder. (JAHred of JAHverlos) So ken ons dan ook vir Joshua uit die ou Testament wat die verlosser van Israel was uit die woestyn en wat hulle die beloofde land ingelei het.

Jes 43:11 Ek, Ek is JAHWEH, en daar is geen Heiland (Redder; Verlosser/Saviour) buiten My nie.

Rom 10:13 Want: Elkeen wat die Naam van JAHWEH aanroep, sal gered word.

Hand 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander Naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie (Jahshua is die enigste Naam).

Hand 10:43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur Sy Naam (Jahshua) ontvang.

Filip 2:9 Daarom het JAHWEH Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n Naam (Jahshua) gegee wat bo elke naam is,

Joh 5:42-44 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie. (43) Ek het gekom in die Naam van My Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem. (44) Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?

Kom ons kyk wat sê die Strongs Konkordansie van die naam “Jesus” Die Grieks lyk ‘n bietjie anders as die naam wat ons ken?

Mat 1:1 The book976 of the generation1078 of Jesus 2424 Christ,5547 the son 5207 of David, 1138 the son 5207 of Abraham.11

G2424

Ie¯sous

ee-ay-sooce'

Of Hebrew origin [H3091]; Jesus (that is, Jehoshua), the name of our Lord and two (three) other Israelites: - Jesus.

Nou kyk ons na Joshua in dieselfde konkordansie waar daar van hom geskryf word in Hand. 7:45 en Heb. 4:8:

Act 7:45 Which 3739 also 2532 our 2257 fathers 3962 that came after 1237 brought in 1521 with 3326 Joshua 2424 into1722 the3588 possession2697 of the3588 Gentiles,1484 whom3739 God2316 drove out1856 before575 the face4383 of our2257 fathers,3962 unto2193 the3588 days2250 of David;1138

Heb 4:8 For 1063 if 1487 Joshua 2424 had given them rest, 2664, 846 then would he not 3756 (302) afterward 3326, 5023 have spoken 2980 of 4012 another 243 day. 2250

Kan u hier sien dat "Jesus" en "Joshua" presies dieselfde verwysings nommer het?

om ons kyk hoe skryf die Ou Testament Joshua se naam:

H3091

yehôshûa#8219; yehôshûa#8219;

yeh-ho-shoo'-ah, yeh-ho-shoo'-ah

From H3068 and H3467; Jehvah-saved; Jehoshua (that is, Joshua), the leader of Israel: - Jehoshua, Jehoshuah, Joshua. Compare H1954, H3442.

(Hier wil ek dit net noem dat hulle hier praat van Jehovah, en dat dit ‘n verkeerde interpretasie van Elohim se Naam is. Hierdie konkordansie is geskryf in 1890 toe hulle geglo het dat Sy Naam Jehovah is. Dit is nog 'n dwaling)

Hieruit kan u duidelik sien dat in die Griekse teks, die naam “Jesus” en “Joshua” presies dieselfde in die Nuwe Testament geskryf word, maar twee totaal verskillende name het hieruit voortgekom. Dit bring onwillekeurig die vraag op waarom hierdie verskil?

Hoe het die naam “Jesus” dan ontstaan? Toe die geskrifte in Grieks vertaal is, om en by die tweede eeu, is beweer dat hulle nie ‘n Y in die Griekse taal het nie. Die naaste daaraan is die I, en saam met die E word die eerste deel van die naam IE. Die H is ook weggelaat. Ook het hulle nie ‘n SH klank nie en slegs die gewone S is toe gebruik. Die O het behoue gebly. Nou bly die U en die A oor. Omdat ‘n naam nie op ‘n klinker mag eindig nie in die Griekse taal nie, is die A weggelaat, maar die U is ook ‘n klinker? Die U is behou, maar nou het die naam ‘n vroulike betekenis gehad. Die Grieke het toe die laaste S bygevoeg om dit ‘n manlike naam en betekenis te gee. Dus kry ons IESOUS. Só in die Naam van Jahshua vervals sodat 'n ander messias verkondig kon word.

Toe kom die Latyne en vertaal die naam verder en word toe IESUS. So het die naam vir ‘n verdere 1,300 jaar bekend gestaan. In die 1611 King James Version het die naam nog as IESUS voorgekom, maar daarna het die "I" in ‘n "J" verander en kry ons gevolglik die huidige vorm “Jesus”. Dus is die valse naam Jesus slegs 400 jaar oud.

Waarom moes die enigste Naam onder die Son waarin daar vir ons Verlossing is so vertaal word dat dit vervreemd is van die werklike doel en middel daarvan? Hulle kon glo nie JAHSHUA skryf nie, maar kon tog wel by Joshua uitkom, wat duidelik herkenbaar is. Vir dieselfde rede dat hulle Joshua kon skryf, kon hulle JAHUSHUA of dan Jahshua skryf!

So kry ons JAHWEH se naam in baie Bybelse name met hulle betekenisse maar het u hulle as sulks erken dat hulle die JAHWEH Naam bevat? Baie netjies uitvertaal, bv. Jeremia = Yah sal opstaan, Sedekia = van die Priestersamp van JAHWEH, Obadja = Dienaar van JAHWEH, Jesaja = JAHWEH het gered, Sefanja - Regverdigheid van Yah, Seragja = Verhoging van Yah, Sekarja = Yah onthou, Hiskía = sterkte van Yah.

Kan die naam “Jesus” dieselfde Verlossende krag hê as JAHSHUA? Is "Jesus" dieselfde persoon as JAHSHUA? Nee, Jesus is die vals messias. Jahshua is die Seun van die hemelse Vader. Jesus is nie die Seun van ons hemelse Vader nie.

  

DIE TITEL BO ALLE TITELS

Dit bring ons nou by Sy titel. Messias soos ons dit al gehoor het. Die Hebreeuse letters vir hierdie titel is:

M S Y cH soos ons dit vind in Dan. 9:25 en 26 en so lyk in die Strongs Konkordans: H is die Hebreeus en G die Grieks.

H4899

Mâshîyach

maw-shee'-akh

From H4886; anointed; usually a consecrated person (as a king, priest, or saint); specifically the Messiah: - anointed, Messiah.

G3323

Messias

mes-see'-as

Of Hebrew origin [H4899]; the Messias (that is, Mashiach), or Christ: - Messias.

Joh 1:41 He3778 first4413 findeth2147 his own2398 brother80 Simon,4613 and2532 saith3004 unto him,846 We have found2147 the3588 Messiah,3323 which is,3603 being interpreted,3177 the3588 Christ.5547

Joh 4:25 The3588 woman1135 saith3004 unto him,846 I know1492 that3754 Messiah3323 cometh,2064 which is called3004 Christ:5547 when3752 he1565 is come,2064 he will tell312 us2254 all things.3956

Joh 1:41 (1:42) Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind--dit is, as dit vertaal word, die Christus.

Joh 4:25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.

G5547

Christos

khris-tos'

From G5548; anointed, that is, the Messiah, an epithet of Jesus: - Christ.

 Jahshua is die enigste Naam waardeur jy gered kan word! (Hand 4:12) Hoekom is die belangrikste Naam bo alle name Verander en Vervang? Is dit die duiwel se werk of Elohim se werk?

Die grootste enkele rede waarom hierdie Name vertaal en vervals moes word, was dat die Grieke en Romeine die Israeliete gehaat het, en ‘n Israelse God en Israelse Verlosser sou nie vir hierdie volke aanvaarbaar gewees het nie. Alle aspekte van die Israelse geloof moes verander word, om vir hulle aanvaarbaar te wees bv. die Name, die Sabbat, die Feeste van JAHWEH, die Wet ens. ens. Op die keper beskou, is ons nog besig met dieselfde Godsdiens wat die Gesalfde JAHSHUA aan die wêreld bekend gestel het? As jy die Naam van JaHWeH en van Jahshua verwerp of verloën, sal jy nie gered word nie!

Wat sê Daniel van die klein horingkie wat sal probeer om tye en wet te verander, wat presies so gebeur het. Met die heidense konotasie van die Name Iesus en Chrestos is dit van uiterste belang dat ons liewer die Ware Name, naamlik die Hebreeuse Name sal gebruik waarvan ons seker is waar Hulle oorsprong lê en dat dit eg is.

(Mat 18:5)  En elkeen wat een van sulke kindertjies in My Naam ontvang, ontvang My;

(Mat 18:20)  Want waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

(Mar 9:37)  Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in My Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.

(Mar 9:39)  Maar Jahshua sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat 'n krag in My Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;

 

(Mar 9:41)  Want elkeen wat vir julle in My Naam 'n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

(Mar 16:17)  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

(Luk 9:48)  en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in My Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.

(Joh 14:13)  En wat julle ook al in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

(Joh 14:14)  As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

(Joh 15:16)  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in My Naam vra, Hy julle dit kan gee.

(Joh 16:23)  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My Naam, sal Hy julle gee.

(Joh 16:24)  Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

(Joh 16:26)  In daardie dag sal julle in My Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie;

(Mat 18:20) Want waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
Wanneer daar in Jesus se naam vergader word, sal Jahshua nie teenwoordig wees nie!

Het enige mens die reg om die heilige Verbondsnaam van JaHWeH, of die Naam van die Seun, Jahshua, te verwyder of te verander? Het dit nie tyd geword dat die Heilige Name weer herstel word en geëer word nie? Jesus is nie die Seun van die Vader nie. Jahshua is die Seun van ons hemelse Vader. Jahshua is die enigste en ware Messiah en Verlosser.