Addergeslag
saad van die slang, sien Kain - Bose |
|
Gen 3:14, 15 | Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. |
Mat 3:7 | Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? |
Mat 12:34 | Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. |
Mat 13:24-30, 38, 39 |
n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk
van die hemele is soos n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring
gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het,
toe verskyn die onkruid ook. En die diensknegte van die huisheer het gekom
en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai
nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? En hy antwoord hulle: n
Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil
u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak? Maar hy antwoord: Nee,
dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee
saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd
sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind
dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my
skuur. en die saailand is die wêreld. Die goeie saaddit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. |
Mat 15:13 | Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. |
Mat 23:33 | Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? |
Luk 3:7 | Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? |
Joh 8:44 | Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy n leuenaar is en die vader daarvan. |
Hand 13:10 | Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? |
1 Joh 3:8, 10, 12 | y wat die sonde doen, is uit die duiwel, want
die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God
verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig. |
1